Dit was uitstekend! Elke uitstalling is uniek en het uitgestaan op sy eie manier. Elke uitstalling het 'n element gehad wat my oog gevang het. Kleur was op so 'n manier gebruik in dat dit alles uitbalanseer. Die gebruik van neutral kleure in elke uitstalling het die hele uitstalling gebind.
Gunsteling uistalling:
Jana Marie Human se uitstalling.
Dit is baie eenvoudig en haar elemente is gestroop tot hul eenvoudigste vorms. Ek is mal oor hoe sy die natuur geinkorporeer het en 'n sagte gevoel skep met die gebruik van dowwe, neutral en natuurlike kleure. Dit is 'n beeldskone uitstalling.
Gunsteling ontwerp:
Nicole Snyman se stoel-rak.
Ek is mal oor die styl en die gebruik van kleur asook die oppervlakontwerp. Die ontwerp is baie prakties en kompak, tog beeldskoon en is steeds mooi om na te kyk. Dit is ook baie natuurlik en eenvoudig en daar is pragtige detail in die oortreksel van die stoel.
Jana Marie Human se uitstalling.
Jana Marie Human se uitstalling.
Nicole Snyman se stoel-rak.
No comments:
Post a Comment