Term 4

Mensontwerp. Ons moes 'n vertrek/klaskamer/area in die skool se interieur oordoen. Die ontwerp van hierdie nuwe vertrek moes verbruiker-/mensgesentreerd wees en ons moes die mense wat hierdie vertrek gebruik se menings en versoeke in ag neem in ons ontwerpprosesse aangesien ons dit ontwerp vir hul geriefsonthalwe.
Ek het die seniormeisiesbadkamers gekies en my hooffokuspunte was: higiёne, spasie, praktiese gebruik.
Die uitleg van die badkamers het ek heeltemal oorgedoen: die toiletstalletjies is in die middel geplaas met die wasbakke, storte en aantrekhokkies langs die kante teen die mure.
Ek het gebruik gemaak van natuurlike kleure en biomorfiese forms.

My model.
 
Bo-aansig.
 
Toiletstalletjies - biomorfiesgevormde mure.
Die storte het skuifdeurtjies.
 
My moodboard.

No comments:

Post a Comment