Term 3

Sosio-kulturele ontwerp was ons tema vir hierdie kwartaal. Ons moes 'n flat-pak huis van karton ontwerp. Hierdie huis moet dien as praktiese tydelike behuising vir mense in 'n informele nedersetting. Ons moes ook een van die drie ontwerpbeweging waaroor ons geleer het die kwartaal, inkorporeer in die ontwerp van die huis.
Ek het die De Stijl beweging gekies en het 'n eenvoudige, reghoekige opvouhuis gemaak.
Die huis en dak kan soos 'n konsertina opvou.
As gevolg van die voubaarheid van die huis, het ek geleentheid gekry om 'n versterkende binnemuur in die middel van die huis te plaas.
Die dak is teen 'n hoek geplaas sodat die reёnwater in 'n tenk, deur middel van geute, opgevang kan word. Dit skep ook opening vir vensters wat dan maak dat daar meer natuurlike lig by die huis kan inkom.
Bo elke muurvenster is daar ventelasiegleuwe wat kan oop maak. Die vensters kan dan toegemaak word as die bewoners die huis verlaat en verseker dan dat daar nie by die huis ingebreek word nie.
Ek het ook die idee gekry om te maak dat die huis op ongebruikte motorbande te plaas vir hoogte. Die huis is dan veilig van enige vloedskade.
 
 
Hier bo kan 'n mens die tipiese eienskappe van De Stijl ontwerp sien: Vierkantige en reghoekige vorms; Primȇre kleure - geel, blou, rooi.
'n Mens kan ook sien hoe die dak teen 'n hoek geplaas is sodat daar plek is vir langwerpige vensters vir ekstra lig van buite af.
Die motorbande, wat deur kartonringetjies voorgestel word onder die huis, is ook duidelik sigbaar.
 
In die foto hierbo kan 'n mens  duidelik die versterkende muur in die middel van die huis asook die venstelasiegleuwe sien.

 
 

No comments:

Post a Comment